Kersfees in Afrika

Chris Chameleon

Composição de: Blue Chameleon
Sesendertig grade in die somerson, snikheet
En 'n pikswart kersfeesvader sit voor 'n winkelsentrum en 
sweet
Kinders loop in plakkies rond aan roomyse en smul
En net die prentjies op kerskaartjies is in spierwit sneeu 
gehul

Kersfees in Afrika, as hy wil kan kersfeesvader maar sy 
kort broekie hier dra
Kersfees in Afrika, ruil jou takbok vir 'n donkie en jou 
slee vir 'n donkiekar
Hahaha, dis kersfees in Afrika

Glühwein en kaneel gee pad vir bier en aromat
'n geroosterde kalkoen maak plek vir 'n braai in die 
achterwerf
Niemand hier dra mussies nie en jassies is taboe
Met 'n pet op vol sonbrandroom stroom ons almal strande toe

Kersfees in Afrika, as hy wil kan kersfeesvader maar sy 
plakkies hier kom dra
Kersfees in Afrika, ruil jou takbok vir 'n donkie en jou 
slee vir 'n donkiekar
Hahaha, dis kersfees in Afrika!
(2x)
Página 1 / 1