Wel, die saak staan so:
Vir n lang lang tyd hou ek jou nou al dop
En nou raak dit so:
Tot my eie spyt is ek totaal versot
En nou's ek mal
Stapelgek oor jou
Miskien beter ek jou vermy
Vir my vir altyd vat ja!
Want ek's lankal deur jou lyf verlei
Vir ly is ek al sat ja!
En ek weet nie wat die sinne
In jou liggaamstaal bedoel nie
En ek weet ek kan in geen sin vir jou se
Hoe ek oor jou voel nie
En nou's ek mal,
Stapelgek oor jou
So, wat wil jy maak?
Wil jy al die visse in die see net aan lyn hou?
Wel, sny my los want dit raak te veel
My hoop begin al kwyn.
En ek weet ek sal van my kop afgaan
As jy nooit eens na my kyk nie
En ek weet jy kan my nie wegwens nie
Want jy weet nie eens hoe ek lyk nie
En nou's ek mal oor jou
Stapelgek oor jou
Want elke keer as ek na jou kyk
Moet ek my gedagtes keer
En nes ek klaar aan jou gedink het
Dink ek vinnig weer
En dit lyk of jy my nooit raaksien nie
Maar ek hou maar aan probeer
Want jy maak so lekker seer!
O que você acha desta tela e suas ferramentas? 🤔
Participar da pesquisaMais de 15 cursos com aulas exclusivas, materiais didáticos e exercícios por R$49,90/mês.
Tenha acesso a benefícios exclusivos no App e no Site
Chega de anúncios
Mais recursos no app do Afinador
Atendimento Prioritário
Aumente seu limite de lista
Ajude a produzir mais conteúdo